Paroles Die Bure de Buckfever Underground (The)

Buckfever Underground (The)
  • 0.0Vous n'aimez pas les paroles de Buckfever Underground (The)loading
  • Note 0.0/5 basée sur 0 avis.
  • Artiste: Buckfever Underground (The)11697
  • Chanson: Die Bure
  • Langue:

Les chansons similaires

Die Bure de The Buckfever Underground

die bure skop hulle diere en slaan hulle kinders in die niere, drink baie bier en gooi die bottels stukkend in die driveway. hulle sny nie die gras nie, gooi nie die rubbish in swart sakke nie, steek gedurig...

Augustus de Buckfever Underground (The)

die stories wat ek langs die pad optel is kort en ek vergeet hulle maklik jokes val in by 'n oor uit by 'n mond word doodgedruk deur 'n sigaret en dan voete as iemand nou weer eenkeer vir my vra waarom...

Augustus de The Buckfever Underground

die stories wat ek langs die pad optel is kort en ek vergeet hulle maklik jokes val in by 'n oor uit by 'n mond word doodgedruk deur 'n sigaret en dan voete as iemand nou weer eenkeer vir my vra waarom...

Super Evil de Die Antwoord

Ons is fokken mal Kom ons slag 'n koei Hang hom onderstebo Nou gaan hy lekker bloei Okay mannetjie, tyd vir jou les Yo jissis vrou, waar's die fokken mes? (hier so!!) Fokkit Yes Yes Yes Eugene...

Wie Maak Die Jol Vol de Die Antwoord

(feat. Knoffel Bruin, Isaac Mutant, Jaak Paarl, Scallywag) In a society where power and wealth are inaccessable to most of its citizens it becomes infinitely easier to seek these things on the wrong...

Textes et Paroles de Die Bure




die bure skop hulle diere en slaan hulle kinders in die niere, drink baie bier en gooi die bottels stukkend in die driveway. hulle sny nie die gras nie, gooi nie die rubbish in swart sakke nie, steek gedurig goed aan die brand, is besig om â€~n wagtoring op te rig, angle-grind tot 3-uur die oggend, skiet ou TV's met rewolwers, rand bedelaars aan, verdryf kollekteerders en predikante met donshael, sambokslae en megafone. soms bel ons die polisie, maar die polisie is besig en het nie tyd vir nietighede nie.

hoe kou jy die dag in sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou? maak lugwaardinne met grondboontjies in hulle neusgate jou wakker, skud hulle bakpoeier oor jou gesig, klop liggies â€~n eier daardeur? of is dit die gehoes van reá«n en die getik-tik van stringe wind teen die vlagpale van die kwikspar? is daar kieme op deurknoppe, hempsknope, polisieknuppels en melkdruppels? hoe grou haar toonaels in jou rug se moue? wie's die vrouens wat gedurig sooie kom láª, growwe, groen, nat sooie, wat nog na kontant en vloedwater ruik? wie's die waterfiskaal by die beervleidam, wie se lammers l᪠dood langs die pad, wie plaas die bloukraanvoá«ls hier, soos grys gekerfde brode tussen die swart en die koring? wie grom vir wie tussen tandepaste en petroleumjellie? ken jy jou petroljoggie se naam? met watter vinger teken jy in die stof, skiet julle grof, vat julle fyn? ken julle tant mossie se acid house remix? click julle tonge, nat punte, gesplete klinkers, voorste verhemeltes en hemelse handlangers, saam, tegelykertyd, eensklaps, spoedig? buig julle saam om die herd, rol julle dieselfde drom om, deel julle â€~n paar boude? wat's louterwater? wie besluit hoe later hoe kwater? is â€~n kapater elke dag kwater en kwater, synde hy sonder â€~n knater? brul dinge op die braai, roer iemand die slaai, swaai kinders op die skoppelmaai? hoe kou jy die dag in sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou?

voet op die wa, los hand om die greentrees koffie, sigaret wat rol onder die oogtand, staan ons held vannaand in september en praat oor sy vrou, en sy eks-vrou en hoe sy nie die inslepery kon hanteer nie. sy pak haar tasse, hy skud sy kop. die nuwe vrou is beter, sy't reg gekies. dan's daar sy broer en sy pa, dood op pad na â€~n ongeluk, hy't uitgery nylstroom toe vir die lyksuitkenning. wanneer sy oá« in die rigting van die caltex sign draai, kan jy jou jou verbeel jy sien sy harde ken by die ruit uitsteek, een hand op die wiel, die ander wat slap hang in die wind, blou oá« wat wil huil maar nie kan nie, want die verkeer is swaar, en die pad by die carousel verby is vol busse en trokke. eers by die zambesi-laan afrit kom sy kop skoon, en hy dink aan werk en die ekonomie en vriende en die vrou. dan, jare later, staan hy hier by greentrees en deel raad uit oor karre en deals aan â€~n dwerg en â€~n yuppie, die gesprek soos â€~n toolbox wat van â€~n bakkie afval. soek hom maar gerus op, jy sal hom ken aan sy oorpak en sy glimlag, en sy wiele wat ruik na rubber en reá«n, en sy stem, vol missed calls, middernag-padstories en die lig wat uit die dag gesuig word.

hy's so anders as ons bure, wat hul diere skop en hulle kinders in die niere slaan, skote na die maan afvuur, nooit die gras sny nie, en die pos laat ophoop. hoe kou jy die dag in sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou? swaai iemand op die skoppelmaai? roer iemand die slaai? brul dinge op die braai? skiet julle grof, vat julle fyn?

N'hésitez pas à faire une recherche de paroles d'une chanson dont vous ne connaissez qu'un morceau de texte avec notre moteur de paroles et chansons